~ Ons taal se stories ~

O moedertaal, o soetste taal, jou het ek lief bo alles! Van al die tale wat ek hoor, niks kan my siel ooit so bekoor. O moedertaal, o soetste taal, jou het ek lief bo alles! Wortels en woorde sluit aan by vanjaar se groot feesvieringe van ons moedertaal, Afrikaans Amptelik 100!
Met hierdie groot mylpaal wil ons hulde aan ons taal bring en dit vier saam met almal wat lief is vir Afrikaans en in al die variëteite wat ons kleurryke taal so ryk maak.

Ons vier fees saam met Afrikaans, ons mooiste taal, as eregas en met verskeie bekendes en minder bekendes sing ons liedjies en lees gedigte vir Afrikaans se eeufeesviering as amptelike taal!

AfriForumTV is ’n klein produksiehuis wat gratis aanlyn vermaak vervaardig, in Afrikaans. Die platform bestaan uit onafhanklike inhoud en inhoud wat die produksiehuis self vervaardig. Wortels en woorde is ’n projek wat bestaan het om aan te sluit by vanjaar se feesvieringe van ons moedertaal, Afrikaans Amptelik 100 jaar oud. Besoek www.afriforumtv.co.za, laai die toep af op jou selfoon of by die Google Play Store op jou slim-TV.

~ Gaste ~

Vrydag, 30 Mei

~ Tobie Cronjé ~
Gedig: Vroegherfs – N.P. van Wyk Louw
Begin… vervolg… – Corné Coetzee

Vrydag, 13 Junie

~ Chris Chameleon ~
Gedig: Vrede – J.C. Steyn

Vrydag, 27 Junie

~ Reginald Hufkie ~
Gedig: Ek – Janice Lawack
Kaalvoet skietgebedjie – Janice Lawack

Vrydag, 11 Julie

~ Janie Bay ~
Die Oukraalliedjie – Manas en Amie de Villiers

Vrydag, 25 Julie

~ FC Pelser ~
Gedig: Die Berggansveer – Boerneef
Die lelike eendjie – Philip de Vos

Vrydag, 8 Augustus

~ Kristi Steyn ~
Stil soos die nag – Stephen H. Eyssen
Afrikaans vir my (Lied 322, Lied 9 en Lied 36 uit die FAK)

Vrydag, 22 Augustus

~ Esmarie Yssel ~
Gedig: Die Moeder – Elisabeth Eybers

Vrydag, 5 September

~ Alana Bailey ~
Gedig: Najaarsdroom – Koos du Plessis

Vrydag, 19 September

~ Ernst J. van Zyl ~
Gedig: Soet is die stryd – I.D. du Plessis

Vrydag, 3 Oktober

~ Danie du Toit ~
Daar kom die Alibama – Daniel Streicher Badenhorst
Stille nag, heilige nag – F. Gruber

~ Kompetisie ~

Afrikaans is onmisbaar in die mond van sy mense. Deel van die eeufeesvieringe is om Afrikaans ook as geskrewe taal te vier!
Ter viering van dié kleurryke taal kondig Wortels en woorde en AfriForumTV ’n gedigskryfkompetisie aan. Gedigskeppers word uitgenooi om die “O moedertaal”-gedagte in Afrikaans op papier vas te vang.
Inskrywings kan per e-pos gestuur word aan die volgende adres: leandra.enslin@afriforum.co.za
Die openingsdatum vir inskrywings is Vrydag 20 Junie 2025 en sluit Woensdag 30 Julie. Inskrywings sal deurlopend gekeur word en na besluitneming sal die kompetisie-inskrywings aanlyn gepubliseer word: Nie alle inskrywings sal aanlyn gepubliseer word nie.
Daarna sal beoordelaars die gekeurde, gepubliseerde bydraes beoordeel en besluit watter gedig die weninskrywing is. Die kompetisie-uitslag sal einde Augustus 2025 bekendgemaak word.
Die wenner stap weg met Skryfnet se aanlyn poësie-kursus – Skryf ’n gedig deur Maroela Media en Akademia vanaf 29 September tot 10 November 2025. Klik op die volgende skakel vir meer inligting oor Skryfnet se aanlyn poësiekursus ter waarde van R2 700. Skryf ’n gedig – Skryfnet. Die wenner kry ook vyf getekende digbundels van Danie Reënwolf du Toit, voorsanger van die gewilde rockgroep, Spoegwolf.

"*" indicates required fields

Naam en van*
Drop files here or
Accepted file types: pdf, doc, docx, pages, Max. file size: 10 MB, Max. files: 5.
    This field is for validation purposes and should be left unchanged.

    ~ Kontak ons ~

    Ons wil graag van jou hoor! Stuur vir ons ’n e-pos na navrae@afriforumtv.co.za of besoek gerus ons aanlyn platform AfriForumTV vir gratis Afrikaanse inhoud.