Afrikaans “100 jaar sterker”-kompetisie vir skoolleerders en studente

Vertolk die lied – dra dit voor as ’n gedig, dialoog of monoloog, in die natuur!

Is jy lief vir musiek én poësie? Hier is jou kans om kreatief te wees!

Ons nooi alle leerders uit om deel te neem aan die Afrikaans “100 jaar sterker”-kompetisie, waar jy of jou groep die lied “100 jaar sterker” kan voordra en dit opnuut aanbied as ’n voordrag – sonder om te sing!

Kompetisie:

  • Kies enige gedeelte van die lied “100 jaar sterker” (minimum van twee verse en die koor, of die hele lied).
  • Dra die lirieke op ’n poëtiese manier voor – sonder musiek of sang. Fokus op emosie, ritme, stemgebruik en styl.
  • Neem ’n video van die voordrag – buite in die natuur (bos, strand, tuin, park, ens.).
  • Indien julle ’n groep is, koördineer julle voordrag as ’n samehangende aanbieding.

Kategorie 

  • Solo (een leerder) 
  • Duo (twee leerders)
  • Groep (drie tot ses leerders moet die hele lied voordra)

Daar kan verskillende videosnitte wees om die hele lied uit te beeld (maar ten minste een groepslid in die video te alle tye).

Beoordelaarskriteria

  • Uitdrukking en emosie: Hoe goed dra jy die gevoel van die lied oor?
  • Stemgebruik en projektering: Spreek jy duidelik en met gepaste toon?
  • Kreatiwiteit: Unieke interpretasie van die lirieke
  • Samewerking (vir groepe): Samehang en samewerking tussen lede
  • Tegniese aspek: Duidelike klank en beeld, goeie keuse van agtergrond

Sluitingsdatum: 28 November 2025

Stuur jou video na navrae@afriforumtv.co.za.

Pryse vir wenners in elke kategorie!

Moenie net die lied memoriseer en opsê nie – interpreteer dit soos ’n gedig. Dink aan die boodskap, simboliek en hoe jy dit met jou stem en liggaam kan oordra.

Skryf hier in

Similar Posts